Stop CoCT het 'n formele klag by Nersa gelê oor die Stad se elektrisiteitstariefstruktuur en die veranderinge wat sedert 2016 daaraan aangebring is, het die liggaam se Sandra Dickson gesê.

Volgens Dickson is die klagte deur Stop CoCT namens meer as 13 200 lede van die groep ingedien.

“Die Stad eis 'n verhoging van 8.88% vir die onderskeie blokke, maar die effek van die Algemene Waardasie (GV2018) eiendomswaardasie word nie in hierdie verhoging weerspieël nie. Die effektiewe toename na 'n groot aantal huishoudings is ver meer as 8.88%,” het Dickson gesê.

“Mense wie se eiendom nou meer as R400 000 gewaardeer word as gevolg van GV2018 het nie net hul gratis eenhede verloor nie, maar hul tarief het oornag van R1.10 tot R1.99 gespring. Dit verteenwoordig ’n toename van meer as 80%,” het sy bygevoeg.

“In die Tuisgebruiker-kategorie is die verhoging wat geïmplementeer is 15.4% hoër as wat deur Nersa goedgekeur is. In die Life Line-blok het (die Stad) 10.7% hoër geïmplementeer as wat Nersa goedgekeur het.”

Nersa het bevestig dat hy die tariefverhoging goedgekeur het, wat veroorsaak het dat verbruikers sedert die begin van die maand tot R1.8532 per kWh betaal het. Luthando Tyhalibongo, stadswoordvoerder, het gesê: ''Die Stad se tariefverhoging is 8.8% teenoor Eskom s'n meer as 15%.

“Alle geld gaan vir diensverskaffing en om hulpbehoewende inwoners by te staan. Die Stad se verhoging het deurgaans onder dié van Eskom gebly.''

Artikel deur LISA ISAACS en IOL