
JOHANNESBURG – Staatsamptenare is maklike teikens in die regering se poging om die loonrekening te besnoei. So sê vakbonde.
Dit is terwyl hulle die regering daarvan beskuldig dat hulle min doen om korrupte politici in die hoër gelaagdes aan die orde te stel.
Dit kom voor Woensdag se begrotingsvoorlegging.
President Cyril Ramaphosa het gewaarsku dat die regering se huidige skuldvlakke onvolhoubaar word.
Die staat wil 30 000 poste sny en betaling vir drie jaar vries.
Maar sommige kenners is nie seker nie.
"Daar is baie min ruimte in terme van die loonrekening," het Siya Biniza, senior politieke ekonoom, gesê.
“Die regering het werklik die beste gedoen wat hy kan. Gelukkig het inflasie nie vyf persent oor die afgelope jaar gestyg nie.”
Vakbonde sê enige voorstel om staatsamptenare se lone te sny kan slegs by die bedingingsraad voorgelê word.
[vc_co
