
Al was daar 'n afname in openbare deelname oor die voorgestelde wysiging van die grondwet om dit vir die staat makliker te maak om grond sonder vergoeding te onteien, is 'n meerderheid van die deelnemers steeds teen die wysiging, volgens 'n ontleding deur 'n NRO.
Die grondonteieningskwessie het die land gepolariseer en beleggers geskrik.
Die Parlement se ad hoc-komitee wat die saak ondersoek, het die konsepwetsontwerp gepubliseer om artikel 25 te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Dit het ten doel om skewe grondeienaarskappatrone wat terugdateer na die apartheids- en koloniale era aan te pak. Die ad hoc-komitee hou mondelinge openbare verhore regoor die land.
[vc_co
