Moody's skuif SA na rommelstatus

JOHANNESBURG – Dis amptelik. Suid-Afrika is gemors.

Die wêreldwye koronavirus-uitbraak was nie genoeg om Moody's-graderingsagentskap te keer om die land se soewereine kredietgradering tot sub-beleggingsgraad te verlaag nie.

Die langtermyn-valuta- en plaaslike-valuta-graderings is van Baa3 na Ba1 verlaag.

Moody's noem 'n voortdurende verswakking in fiskale sterkte en struktureel baie swak groei as hul rede vir die afgradering.

Al drie groot graderingsagentskappe het Suid-Afrika nou na rommelstatus geskuif.

Bron
enca