Alle besigheid noodsaaklik tydens inperking- IRR

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) sê die onderskeid tussen noodsaaklike en nie-noodsaaklike besigheid tydens die Covid-19-inperking sal meer probleme as oplossings veroorsaak.

Die organisasie het Donderdag sy aanbevelings oor koronavirusbeleid aan die regering bekend gemaak.

Uitvoerende hoof, Frans Cronje, het gesê hul navorsing oor die afgelope paar weke toon dat ekonomiese aktiwiteit kan voortgaan terwyl die land onder toesluit is.

“Ons advies is om weg te doen met hierdie onderskeid tussen gesondheidsprioriteite en ekonomiese prioriteit, implisiet daarin, die onderskeid tussen noodsaaklike ekonomiese aktiwiteit en ander aktiwiteit. Want as dit onmoontlik blyk om 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie so vinnig as moontlik weer in werking te kry, verwag ons dat die druk wat daaruit voortspruit op mense en huishoudings isolasieprotokolle sal laat misluk.”

Cronje het bygevoeg dat ekonomiese regressie dieselfde gesondheidskrisis tot gevolg sal hê wat die regering probeer vermy.