5G Suid-Afrika

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van SA (Okosa) het voortgegaan met planne om die plaaslike bekendstelling van 5G-infrastruktuur ten spyte van Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, se vroeëre huiwering

963 insette gelewer.

Ver van die versigtige benadering wat Ndabeni-Abrahams verkies het, het Okosa Vrydag 'n spektrumlisensieplan uitgereik vir die toewysing van internasionale mobiele telekommunikasie, insluitend die mees algemeen ontplooide 5G-frekwensie –3 500MHz.

Die memorandum bevat verskeie opsies wat oorweeg kan word vir die regering om sy doelwitte oor die vrystelling van spektrum vir telekommunikasie-operateurs, insluitend mobiele netwerkmaatskappye, te bereik. Operateurs sal lisensies teen 'n fooi aan die regering kry, wat broodnodige bykomende inkomste aan die fiskus sal bring. Op hul beurt sal operateurs die vinniger en doeltreffender spektrum gebruik om 'n verskeidenheid dienste aan kliënte te bied teen verlaagde koste.

Die publiek het tot einde Januarie om sy insette oor die dokument te lewer….

Sê jou sê – vorm hierdie beleid.

    Ondersteun jy die ontplooiing van 5G-netwerke?

    [VELDTOG GESLOTE]

    Belangrik om daarop te let; Tdit is 'n wetlik verpligte openbare beleid-vormingsproses. Deur DearSA se platform te gebruik, verseker jy dat 'n akkurate rekord deur die burgerlike samelewing gehou word (dus die regering kan nie deelnamefeite of syfers betwis nie) wat 'n stewige grondslag vir 'n regsgeding vorm indien dit nodig sou wees. Dit is nie 'n petisie nie. Jou insette word onmiddellik gestuur aan die regering en moet volgens wet individueel erken en oorweeg word. As dit 'n petisie was, sou alle openbare insette as 'n enkele voorlegging gegroepeer word.