Opsomming

Die Stad Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit gee hiermee kennis ingevolge Artikel 8 saamgelees met Artikels 25 en 16 (3) van die Ekurhuleni Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuursverordening, 2019, dat 'n konsepgrondgebruikskema wat as die Stad Ekurhuleni Grondgebruikskema, 2019 bekend staan, daardeur voorberei is.

Hierdie skema is 'n wysigingskema en bevat die volgende voorstelle:

  1. Die vervanging van die volgende Dorpsbeplanningskema in sy geheel:
    • Ekurhuleni Stadsbeplanningskema, 2014

Ingevolge die Ekurhuleni Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuursverordening, 2019, doen die Stad Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit hiermee 'n beroep op die lede van die publiek, geaffekteerde departemente en staatsorgane in die drie sfere van die regering en alle ander belanghebbendes om deel te neem in die proses om die Grondgebruikskema op te stel.

Die Grondgebruikskema sal van toepassing wees op die hele gebied binne Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit, wat dus almal wat woon, grond/eiendom, eiendom/besigheidseienaars en enige persoon wat verantwoordelik is vir enige grondgebruikaktiwiteit binne Ekurhuleni, insluitend die staat, bind. Die konsep Grondgebruikskema stel verskeie nuwe en vereenvoudigde prosedures en prosesse bekend wat bedoel is om ekonomiese ontwikkeling te bevorder, beleggings te lok en 'n meer inklusiewe en geïntegreerde benadering tot die regulering en afdwinging van grondgebruik en ontwikkelingsreëls in die Stad Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit verteenwoordig. ”

 

  1. KONSEP ONTWIKKELING AANSPORINGBELEID

 

Die Stad Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit gee hiermee kennis in terme van die Ekurhuleni Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuursverordening, 2019, dat 'n konsepbeleid wat as die Stad Ekurhuleni Ontwikkelingsaansporingsbeleid, 2019 bekend sal staan, deur hom opgestel is.

Ingevolge die Ekurhuleni Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuursverordening, 2019, doen die Stad Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit hiermee 'n beroep op die lede van die publiek, geaffekteerde departemente en staatsorgane in die drie sfere van die regering en alle ander belanghebbendes om deel te neem in die proses om die Ontwikkelingsaansporingsbeleid op te stel.

Munisipaliteite regoor die land het 'n mandaat om hul onderskeie gemeenskappe van die beste moontlike gehalte, bekostigbare dienste te voorsien en geskikte toestande te skep vir plaaslike sakeondernemings om te floreer, werk te skep en te verseker dat die munisipaliteit finansieel volhoubaar word. Die Stad erken die behoefte om investering te bevorder en sy ekonomie ’n hupstoot te gee om tasbare werksgeleenthede te verskaf en klein en opkomende besighede te ondersteun. Dit beteken die munisipaliteit moet ontwikkeling wat strategiese intelligensie demonstreer, kan aanmoedig en ondersteun om die ekonomie te laat groei, werk te skep en verskeie sosiale behoeftes te balanseer om homself as die eerstekeusebestemming vir belegging te stel.

Die doel van die beleid is om die Stad te help om homself as die eerstekeusebestemming vir belegging te stel deur 'n kombinasie van aansporings wat beleggingsinvloei sal bevorder deur maatreëls wat die beeld van die munisipaliteit in die oog van potensiële en toegewyde beleggers verbeter, inligting verskaf oor beleggingsgeleenthede aan potensiële beleggers, bied liggingaansporings, fasiliteer belegging deur institusionele en administratiewe verbeterings en lewer ondersteuningsdienste na-belegging. Die Ontwikkelingsaansporingsbeleid sal struikelblokke tot belegging verminder, 'n beleggersvriendelike omgewing bevorder, aansoekprosesse verminder en koste en risiko's vir beleggers verlaag.