Die Stad stel voor om parkeertariewe na meer gebiede uit te brei deur gratis parkering na betaalde om te skakel.
5905 aktiewe burgers het 'n sê gehad

Die Stad Kaapstad stel voor om bestuurde parkering uit te brei na gebiede waar daar 'n groot aanvraag na parkeerplek op straat is. 'Bestuurde parkering' beteken die Stad hef 'n tarief vir die gebruik van 'n parkeerplek op straat en dat die tarief bepaal word deur die tyd wat die baai beset word. Tydsbeperkings is ook van toepassing in hierdie gebiede.
Die Stad stel voor om bestuurde parkering uit te brei na Kampsbaai (Subraad 16), Durbanville SSK (Subraad 7), Muizenberg (Subraad 19), De Waterkant (Subraad 16), Kenilworth (Subraad 20), Nuweland en Rondebosch (Subraad 20), Tuine , Kloof, nog strate in die Kaapstadse sakekern (Subraad 16) en Gallows Hill (Subraad 16)
Kommentaar is oopgemaak op 13 November 2019.
Lewer kommentaar nie later nie as 13 Desember 2019.
Vorm hierdie beleid nou
Belangrik om daarop te let; Tdit is 'n wetlik beskermde openbare beleidvormingsproses wat in die SA Grondwet opdrag gegee word. Deur DearSA se platform te gebruik, verseker jy dat 'n akkurate rekord deur die burgerlike samelewing gehou word (dus die regering kan nie deelnamefeite of syfers betwis nie) wat 'n stewige grondslag vir 'n regsgeding vorm indien dit nodig sou wees. Dit is nie 'n petisie nie. Jou insette word onmiddellik gestuur aan die regering en moet volgens wet individueel erken en oorweeg word. As dit 'n petisie was, sou alle insette as 'n enkele voorlegging gegroepeer word.

