Wysigingswet op Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) Wysigingskonsepwetsontwerp, 2020

Die departement van justisie en korrektiewe dienste nooi u uit om kommentaar te lewer oor die Wysigingswet op Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) Wysigingskonsepwetsontwerp, 2020.

3 insette gelewer.

Die doel van die Wetsontwerp is om die Wysigingswet op die Strafwet (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, te wysig ten einde—

* die insluiting van besonderhede van persone in die Nasionale Register vir Seksoortreders verder te reguleer;
* die lys van persone wat ingevolge Hoofstuk 6 van die Wet beskerm moet word uit te brei; en
* die verwydering van besonderhede van persone uit die Nasionale Register vir Seksoortreders verder te reguleer;
en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee verband hou.

Kommentaar sluit op Dinsdag 31 Maart 2020

Sê jou sê – vorm hierdie beleid.

fout: Kontakvorm nie gevind nie.

Belangrik om daarop te let; Tdit is 'n wetlik verpligte openbare beleid-vormingsproses. Deur DearSA se platform te gebruik, verseker jy dat 'n akkurate rekord deur die burgerlike samelewing gehou word (dus die regering kan nie deelnamefeite of syfers betwis nie) wat 'n stewige grondslag vir 'n regsgeding vorm indien dit nodig sou wees. Dit is nie 'n petisie nie. Jou insette word onmiddellik gestuur aan die regering en moet volgens wet individueel erken en oorweeg word. As dit 'n petisie was, sou alle openbare insette as 'n enkele voorlegging gegroepeer word.