LAAI DOKUMENTE AF
Die Nasionale Tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) publiseer vandag, vir openbare kommentaar, die 2021 Konsep Tariewe en Monetêre Bedrae en Wysiging van Inkomstewette (2021 Konsepbelastingwetsontwerp), die 2021 Konsepwetsontwerp op Finansiële Sektor Heffings, die konsepregulasies oor bedrae vir doeleindes van omskrywing van uittree-annuïteitsfondse, konsepregulasies oor Werkloosheidsversekeringsfonds.
Die 2021 Konsep Tariewe Wetsontwerp, die Konsepregulasies oor bedrae vir doeleindes van omskrywing van uittree-annuïteitsfondse, die Konsepregulasies oor Werkloosheidsversekeringsfonds se vergoedingsperk bevat aankondigings gemaak in Hoofstuk 4 en Bylae C van die 2021-begrotingsoorsig wat handel oor veranderinge aan koerse en monetêre drempels en verhogings van aksynsbelasting.
Die 2021 Konsep Wetsontwerp op Finansiële Sektor Heffings is daarop gemik om heffings op die finansiële sektor te plaas om die Omsigtigheidsowerheid en Finansiële Sektor Gedragsowerheid te finansier vir die koste van die regulering van finansiële instellings as gevolg van die implementering van die Twin Peaks-reguleringstelsel. Ander Twin Peaks-instellings wat verwys word, word ook ingevolge die Wet op die Regulering van die Finansiële Sektor befonds.
Die Regulasies oor bedrae vir doeleindes van definisie van uittree-annuïteit fondse en die Regulasies oor Werkloosheidsversekeringsfonds se vergoedingsperk sal in die Staatskoerant gepubliseer word na inagneming van openbare kommentaar wat ontvang moet word.


