Het u, as 'n werkgewer of werknemer in die Wes-Kaap, 'n COVID-19 TERS-eis by die WVF ingedien? As jy het, brei asseblief uit.
Hoeveel COVID-19 TERS-voorleggings het jy, as 'n Wes-Kaapse werkgewer of werknemer, by die WVF ingedien? (Dit verwys nie na die aantal werknemers waarvoor aansoek gedoen is nie.)
Het jy enige uitdagings ervaar wanneer jy aansoek gedoen het vir die COVID-19 TERS-befondsing of met die uitbetaling van goedgekeurde fondse? As jy het, brei asseblief uit.
Indien jou COVID-19 TERS-eis nie afgehandel is nie, verskaf asseblief jou naam, ID-nommer, waar jy aansoek gedoen het, die datum van die aansoek en die verwysingsnommer vir die eis.
Volgens die WVF is die gemiddelde aantal werksdae vir die COVID-19 TERS-betaling wat gemaak moet word vyf dae. Hoeveel werksdae het dit geneem vir jou goedgekeurde COVID-19 TERS-befondsing om betaal te word?
As jy 'n COVID-19 TERS-uitbetaling ontvang het, vir hoeveel werknemers is aansoek gedoen en hoeveel het hul uitbetalings ontvang?
Het jy enige reaksie (byvoorbeeld oorbetalingsadvies) van die WVF ontvang wat aandui watter werknemers vir die COVID-19 TERS-uitbetaling goedgekeur is?
Het jy enige leiding van die WVF ontvang oor die COVID-19 TERS-aansoekproses?
Hoe het jy bewus geword van die COVID-19 TERS-befondsing?